PROSEDURE
- Indien ‘n leerder 30 punte teen haar/sy naam het, word ‘n vorm deur die klasonderwyser ingevul nadat hy/sy met die leerder gesprek gevoer het. Op die vorm kry die leerder geleentheid om vertoë te rig. Ouers word in kennis gestel van alle oortredings. (Groen vorm)
- Wanneer ‘n leerder se punt tot 60 styg, voer die Adjunkhoof gesprek met die leerder en word ‘n detensiebrief (Geel vorm) aan die ouers gestuur. Die ouer / voog is verantwoordelik vir die leerder se vervoerreëlings.
- Indien ‘n leerder se punt tot 90 styg, voer die Adjunkhoof en Hoof ‘n gesprek met die leerder en sy / haar ouer of voog. ‘n Tweede detensiebrief (Oranje vorm) word aan die ouers gestuur.
- Indien ‘n leerder na die gesprekvoering met die ouer / voog se punte styg na 120, sal die ouer / voog in kennis gestel word vir ‘n onderhoud met die Beheerliggaam (Rooi vorm), wat kan lei tot verdere dissiplinêre optrede.
- Indien ‘n leerder herhaaldelik oortree, sal voorregte van hom ontneem word. Bv. deelname aan groepsaktiwiteite soos o.a. Vossiekaskenades, Entrepreneursdag, Gr. 7-afskeid ens.
- Ontwrigting van akademiese tyd
Voorbeeld: ‘n Leerder wat onderrig in ‘n klas ernstig bedreig of ontwrig, word soos volg hanteer: Die leerder ontvang ‘n finale mondelinge waarskuwing. Indien die leerder dit verontagsaam, moet die leerder 5 minute buite die klas voor die deur op die stoep afkoel en terugkom. Indien ‘n leerder voortgaan om die klas te ontwrig word sy/haar ouers gekontak.
BELONINGS
- Indien ‘n leerder vir ‘n kwartaal geen oortredings begaan het nie, kan sy/hy aan die einde van die kwartaal 25 Vossiebalkie punte verwerf.
- Indien ‘n leerder bv. die eerste kwartaal strafpunte teen hom/haar het, en sy/hy vir twee agtereenvolgende kwartale geen strafpunte het nie, word alle oortredings geskrap, en begin hy/sy op ‘n skoon bladsy. Dieselfde reël geld vir die begin van ‘n jaar. Jaarliks begin ‘n leerder op ‘n skoon vorm.
- Beloning as klas 50 handtekeninge verwerf.
Prosedure om handtekeninge te verwerf is:
- Samewerking in die klas t.o.v. handhawing van goeie dissipline deur nie te gesels of onderling met mekaar te sit en speel nie ens.
- As die hele klas se huiswerk gedoen is.
- As almal se skeurstrokies die volgende dag geteken is.
- As almal se skriftelike werk ‘n toonbeeld van netheid is.
- Die leerlinge betyds na pouse voor die klas aantree in ordelike stil rye of stil die klas binnegaan.
- Indien die klas 2 weke agtereenvolgens 100% teenwoordig is.
- Indien die klas se terrein vir 1 week silwerskoon is sonder dat die Bestuur die klas moet aanspreek.
- Indien ‘n klas tydens klaswisseling of na Opening en Gewyde Sang ordelik volgens reëls optree.
- Indien ‘n klas as geheel deelneem aan ‘n projek na skoolure bv. Opruiming of tydens massadeelnames ens.
- Die klas wat die meeste geld insamel per leerder met fondsinsamelingsprojekte het die voorreg om enige dag van hulle voog se keuse 30 minute vroeër huis toe te gaan.
4. Grondslagfase sertifikate vir onbaatsugtigheid.
5. Vonkel Vossie sertifikate vir onbaatsugtige diens.
OORTREDINGS
Met elke oortreding, soos hieronder uiteengesit, word die oortreding op die leerder dissiplineblad aangeteken, met die datum van die oortreding sowel as die handtekening van die onderwyser en leerder.
Huiswerkversuim: Indien ‘n leerder 3 keer nie huiswerk gedoen het nie, ontvang die ouer ‘n brief en word persoonlik gekontak. Indien leerder die vierde keer nie sy/haar huiswerk doen nie, word detensieklas toegepas. Indien ‘n leerder twee keer detensieklas bywoon word dit oorgeskakel na ‘n Kategorie 3 oortreding.
Kategorie 1 oortredings (5 – 15 punte)
- Klas ontduik, afsprake nie nakom nie
- Verantwoordelikhede ontduik
- Lol met ander se eiendom
- Ongehoorsaam
- Rommelstrooi
- Ondermyning van gesag leerlingleiers
- Laatkom by skool / klas
- Eet, drink, kou in klas
- Ontwrig akademiese tyd
- Handboek / skoolvoorraad verniel
- Handboek nie in klas nie
- Skooldrag / voorkoms
- Graffitti
- Verbode terrein
- Afknouery
- Kommunikasie tussen skool en ouers nie deurgee nie
- Taak / boek nie ingehandig nie
- Prospektus nie in besit nie
- Woon busklas nie by nie
Kategorie 2 oortredings (15 – 60 punte)
- Vervalsing en oneerlikheid
- Oneerlik in toets / eksamen
- Onwelvoeglike taalgebruik
- Oneerbied van Godsdiens
- Baklei, dreig, intimideer
- Onbeskof, arrogant
- Ongemanierde optrede teenoor personeel
- ‘n Leerder wat hom / haar aan enige kategorie 2 / 3 oortreding skuldig maak ses maande voor die verkiesing van leerlingraad, verbeur die geleentheid om verkies te word
Kategorie 3 oortredings (60 – 120 punte)
- Die Beheerliggaam hanteer kategorie 3 oortredings
- ‘n Leerder wat hom / haar aan enige kategorie 2 / 3 oortreding skuldig maak ses maande voor die verkiesing van leerlingraad, verbeur die geleentheid om verkies te word
- Dwelms, drank, wapens
- Onaanvaarbare gedrag
- Onsedelike gedrag, pornografie
- Diefstal
- Wetsoortreding
- Vandalisme
- Stokkiesdraai
- Rook
Oortredings wat tot skorsing en / of uitsetting kan lei, sluit in, maar is nie beperk tot:
- optrede wat ander se veiligheid bedreig en wat die regte van ander skend;
- die besit, dreigement of gebruik van gevaarlike wapens;
- die besit, gebruik, verhandeling of sigbare bewys van narkotiese of ongemagtigde dwelms, alkohol en bedwelmende middels van enige aard;
- bakleiery, aanranding of mishandeling;
- onsedelike gedrag of ‘n gevloek;
- enige vorm van haatspraak, seksisme, rassisme of ander antisosiale gedrag;
- diefstal of die besit van gesteelde goedere, wat die diefstal of besit van toets- of eksamenvraestelle voor sodanige toets of eksamen insluit;
- onregmatige optrede teenoor en / of vandalisme, die vernietiging of beskadiging van skooleiendom wat die aanbring van graffiti sou insluit;
- oneerbiedigheid, aanstootlike gedrag en verbale mishandeling gerig teen opvoeders of ander skoolpersoneel of –leerders;
- herhaalde oortredings van skoolreëls of hierdie gedragskode;
- strafregtelike en onderdrukkende gedrag, soos verkragting en geslagsbeheerde teistering;
- viktimisasie, afknouery en intimidasie van ander leerders;
- die oortreding van eksamenreëls;
- opsetlike en bewuste verstrekking van vals inligting, of die vervalsing van dokumente, ten einde onbehoorlike voordeel te bekom en enige middels / toebehore nie toelaatbaar vir persone onder 18 jaar nie.