Erekode

  1. Ons glo in God, die Vader …
  2. Ons glo dat ons ‘n lewenstaak het, getrou moet wees en ons plig moet doen.
  3. Ons glo in diens aan ons skool, gemeenskap, land en volk.
  4. Ons glo aan ons leuse:  Saamstaan en bou.
  5. Ons glo in eerlikheid, hulpvaardigheid en vriendelikheid.
  6. Ons glo dat ons gedagtes, woorde en dade rein moet wees.
  7. Ons glo daarin om ons moedertaal suiwer te hou.
  8. Ons glo dat ons ons ouers, meerderes en medemens moet eer.
  9. Ons glo daarin dat ons moet waak teen vervlakking en liberalisme.
  10. Ons glo:  Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God Regeer!