Junior- en Seniorkoor, Praatkoor, Redenaars, Skaak, Slagorkes, Vossie Christelike Jeugvereniging en Vossiepretklub
KULTUUR TOEKENNINGS
Punte word slegs toegeken vir items wat deur die skool ingeskryf is. Items wat privaat ingeskryf is tel as Buite-skoolverband.
Binne skoolverband: Kunswedstryd items.
Kore, Slagorkes, Kunswedstryd, en Praatkoor groepe
A | 1 punt |
A+ | 2 punte |
A++ | 3punte |
A+++ | 4 punte |
Trofeewenners: in ooreenstemming met simbool op sertifikaat 5 punte
Afdelingswenners: in ooreenstemming met simbool op sertifikaat 6 punte
Jaarliks:
Totaal 7 – Meriete kleure
Totaal 14 – Prestasie kleure
Totaal 21 – Erekleure
Punte verval jaarliks, dit word m.a.w. nie oorgedra nie.
Elke item-tipe word as een getel bv. Afrikaanse voordrag / sang.
Slegs die hoogste toekenning in elke afdeling word in aanmerking geneem vir punte.
Sertifikate en Diplomas word gestempel en agterop geteken sodra punte toegeken word.
Meriete kleure
Skaak : Liga-wenners
Redekuns : Deelname aan ATKV en kwalifiseer vir
Oos-Gautengspan
Prestasie kleure
Redekuns : Plek behaal by ATKV
Skaak : Oos-Gautengspan en Deelname aan S.A.’s
3de benoeming van meriete toekenning
Erekleure
Skaak : 3 keer prestasie toekenning, d.w.s. 3 keer
Provinsiale span
Redekuns : ATKV-Wenner
Buite skoolverband Slegs kultuurverenigings by wie die skool geaffilieer is, se prestasies word erken. Inskrywings word deur die skool gedoen en erkenning geskied soos met binne-skoolverband.