Skoollied

Tini Vorster Skoollied

Waar ruimtes roep en grassland vry

oor Hoëveldse vlakte sprei;

staan Tini Vorster Laerskool-

van hoë strewe ‘n simbool:

Getrouheid, reinheid, hoop, geloof –

dit rig ons hart, dit lei ons hoof!

Ons min die skone, want dit is

‘n kosbaar, lieflik erfenis.


Soos die Karee wat wind en weer

met taai volharding kan trotseer,

staan ons ook vas, gewortel in

‘n Vaderland wat ons bemin.

Ons sal steeds saamstaan: kragtig, trou,

eendragtig aan ons toekoms bou.

Ons sal nie vrees nie, want ons glo

dat God ons rig en lei van bo.


Refrein:

Swaai hoog die vaandel, want ons dra

die toekoms van Suid-Afrika

in hande klein, wat werk en bou

in harte rein, vol liefd en trou.

En as jy om ‘n offer vra, dan sê ons: “Ja, Suid-Afrika!”