Sport

SPORTDRAG

Die volgende is voorgeskrewe sportdrag vir die verskillende sportsoort en slegs hierdie drag is toelaatbaar.  Geen ander drag mag tydens byeenkomste en/of wedstryde gedra word nie. Gedurende die winter of koue dae kan die skoolsweetpak, skooltrui of informele warmbaadjie gedra word.

Atletiek

Seuns en Dogters:  Atletiekdrag en skoolsweetpak.  Indien die leerlinge nie ‘n skoolsweetpak het nie, mag ‘n skooltrui gedra word.

Landloop

Skoolatletiekklere of ‘n blou Vossiehemp met ‘n blou Vossiebroek.

Tennis

Seuns:  Blou Vossiehemp met wit rugbybroek en blou skoolkouse.

Dogters:  Sportrokkie met wit kouse en tekkies wat deur die ouers aangekoop word.

Jukskei

Blou denim langbroek met Vossiehemp.  As dit koud is – skooltrui oor Vossiehemp.

Netbal en Mini-Netbal

Sportrokkie met wit kouse en tekkies wat deur die ouers aangekoop word.

Hokkie

Vossiebroekie en Vossiehempie.  Ouers koop die regte skoene “shins” en toerusting aan.  Lang kouse volgens spankleure wat ouers by die skool aankoop.

Krieket en Mini-Krieket

Wit rugbybroek of lang wit broek (opsioneel) met blou Vossiehemp of wit gholfhemp met kraag (géén advertensie tensy ‘n borg se embleem daarop is).  Die eerstespan het ‘n keuse met die skool se kleure, blou grys en wit, Skoolkouse met tekkies (sportskoene) en skooltrui.  ‘n Wit oortrektrui (pullover) is ook aanvaarbaar.

Rugby

Die skool voorsien die truie en broeke. ‘n Vlootblou rugbybroek word gedra.  ‘n Skoolsweetpak of skooltrui word aanbeveel vir koue dae.


SPORT TOEKENNINGS

Meriete kleure

Ligawenners en Naaswenners van Valke Finaal

Deelname D5-span

Prestasie kleure

Valke Finaal wenners

Deelname Provinsiale span (Gauteng)

Derde benoeming van meriete kleure

Erekleure

Gekies en deelname in Nasionale spanSilwer sakwapen
Tweede benoemingSilwer koord
Derde benoemingGoue wapen
Vierde benoemingGoue koord
Vyfde benoemingGoue ster

Erekleure word slegs eenmalig aan ‘n presteerder in Akademie, Sport & Kultuur toegeken.  Wanneer ‘n presteerder in Sport of Kultuur Suid-Afrika verteenwoordig, word ‘n tweede erekleure toegeken.

Rostrum toekenning.

Alle hoofseuns- en dogters verwerf erekleure vir leierskap.

BUITE SKOOLVERBAND

Alle buite skoolverbandprestasies word deur die skool erken en belonings geskied soos met binne skoolverband.  Indien ‘n leerder buite skoolverband presteer aan ‘n kode wat nie deur die skool aangebied word nie, word ‘n sertifikaat van erkenning aan die leerder oorhandig, aangesien die leerder alreeds deur die klub, vereniging of instansie beloon is.