WAT BIED LAERSKOOL TINI VORSTER JOU:
Laerskool Tini Vorster is sentraal geleë in Nigel en maklik bereikbaar vir ouers en kinders in Nigel en omgewing.
Laerskool Tini Vorster beskik oor toegewyde personeel wat betrokke is by elke leerling. Persoonlike aandag word aan elke leerling se prestasie en probleme gegee. Die onderwysers is die room van die onderwyskorps en hulle stabiliteit verseker die beste resultate vir die skool. Hier word vriendskappe oor die jare opgebou tussen kinders, ouers en personeel.
Laerskool Tini Vorster sal u kind op akademiese gebied die beste grondslag gee. Spesiale aandag word aan remediërende onderwys gegee met ekstra klasse wat in Afrikaans, Engels en Wiskunde aangebied word. Die Mediasentrum beskik oor al die nodige hulpmiddels.
Ons beskik oor ‘n Rekenaarsentrum wat per geleentheid deur ons leerders besoek word.
Ons leerlinge blink uit op alle sportgebiede. Voldoende fasiliteite en die beste afrigting is tot hulle beskikking.
Die leerlinge speel aktief skaak en neem deel aan opvoerings en kunswedstryde. Die skoolkoor, praatkoor en slagorkes het al bekendheid verwerf.
Gee u kind ‘n voorsprong in die lewe. As u meer oor ons skool te wete wil kom of u kind se onderwyser/es wil ontmoet, skakel ons gerus en maak ‘n afspraak.
Ons telefoonnommer is 011-814-6470/1 en faksnr: 011-814-3472 E.pos: admin@tinivorster.co.za Webwerf: www.tinivorster.co.za
VISIE VAN DIE SKOOL
Kwaliteit onderrig en geleentheid vir geheel- en kind ontwikkeling.
HOOFPERSONEEL
SKOOLHOOF
Mnr. J Louwrens
ADJUNKHOOF
Mnr. V Kalp
DEPARTEMENTSHOOF – DPO
Mnr. D Kinghorn
DEPARTEMENTSHOOF – DPJ
Me. HJ Fourie
DEPARTEMENTSHOOF – DPS
Mnr. SW van der Walt
PERSONEEL
BEHEERLIGGAAM
VOORSITTER:
Dr. CE Barnes
ANDER LEDE:
Ds. FH Ras – Tesourier
Dr. WH Steyn – Lid
Me. EA van Aswegen – Sekretaresse
Mnr. Johan Louwrens – Lid
Juf. Nadine Fourie – Lid
Mnr. Victor Kalp – Lid
Mnr. H Mc Geer – Lid
Mnr. Dawie Brits – Lid