Akademie

AKADEMIESE TOEKENNINGS

Alle toekennings Akademies, Kultuur en Sport word op meriete / verdienste gedoen en nie op uitnodiging nie.

Leerders ontvang die hoogste toekenning in die betrokke afdeling aan die einde van seisoen of jaar.

Goeie vordering

Leerder wat goeie vordering deur die jaar getoon het.

Besondere prestasie

Leerder wie se gemiddeld deurgaans ‘n 70% was, of in Graad 1 – 3 ‘n gemiddeld van 6.

Uitmuntende prestasie

Leerder wie se gemiddeld deurgaans ‘n 80% was, of in Graad 1 – 3 ‘n gemiddeld van 7.

Meriete kleure

Leerder wat ‘n derde Uitmuntende Prestasie ontvang.

Prestasie kleure

Leerder wat ‘n vyfde Uitmuntende Prestasie ontvang.

Erekleure

Leerder wat ‘n sewende Uitmuntende Prestasie ontvang.

Leerder wat ‘n gemiddeld van 90% behaal vir 3 jaar of

Leerder wat ‘n gemiddeld van 85% behaal vir 4 jaar. (Eenmalige toekenning – op prestasiebord)