Akademiese Erekleure & Toekennings
By Laerskool Tini Vorster erken ons graag die harde werk en uitnemendheid van ons leerders. Erkenning word jaarliks toegeken op grond van die volgende kriteria:
-
70% – 74%: Akademiese Sertifikaat
-
75% 79%: Half-Erekleure
-
80% + : Vol-Erekleure
Akademiese Uitnemendheid
By Laerskool Tini Vorster streef ons daarna om elke leerder se volle potensiaal te ontsluit. Ons kurrikulum is ontwerp om kritiese denke, kreatiwiteit en ‘n lewenslange liefde vir leer te kweek binne ‘n ondersteunende en moderne omgewing.
