Skooldrag

SKOOLDRAG

Skooldrag dien as beskerming en versiering, maar ook as maatstaf om die draer te identifiseer.

Eenvormige skooldrag bevorder ook selfdissipline, skep ‘n samehorigheidsgevoel en kweek ‘n trots aan vir dit wat jou eie is.

As almal dieselfde skooldrag dra is daar nie so ‘n groot onderskeid tussen bevoorregte en minder bevoorregte kinders nie.

  1. SKOOLKLEURE:  Hemelsblou en wit met ‘n vlootblou (navy) agtergrond.
  2. MERK VAN KLERE:  Alle kledingstukke moet, om navrae na verlore goedere uit te skakel, gemerk word. Ongemerkte klere sal nie deur die personeel gesoek word nie.
  3. VERSKAFFERS:  Selworth’s in Hendrik Verwoerdstraat 14, Nigel en Bombay Bazaar is die amptelike leweransiers van ons skooldrag.
  4. SKOOLSWEETPAKKE mag nie saam met of in die plek van gewone skooldrag gedra word nie.  Dit is vir sportbyeenkomste bedoel, en mag op Vrydae gedra word in plaas van Vossiedrag.  Dit is te koop by die skool.
  5. INFORMELE SKOOLDRAG: 
    • Winter:  Is ‘n blou lang denim met ‘n blou Vossiehemp en ‘n skooltrui of  ‘n informele warmbaadjie met skoolwapen.  Geen geskeurde denims is toelaatbaar nie.Klub of spandrag is nie toelaatbaar nie.   Slegs tekkies word gedra.  Geen stewels (“boots”) is toelaatbaar nie. Skoolsweetpak mag ook gedra word.
    • Somer:  Lang of knie- denim of Vossie kortbroek en ‘n blou Vossiehemp met tekkies, plat sandale of kaalvoete.  Indien ‘n kamisool gedra word moet dit koningsblou of wit wees.
    • Verjaardag: Leerders dra die dag wat hul verjaar, hul informele skooldrag.
  6. NUWE LEERLINGE:  Word toegelaat om die erkende skooldrag van sy/haar vorige skool te dra, om vermorsing te voorkom.
  7. SOMERSDRAG:  (Oktober tot April)
    • Dogters:
    • Vlootblou skoolrok.  Kort wit sokkies sonder frilletjies of valletjies.  Swart skoolskoene met skoenveters of gespe.  Geen groot gespes word toegelaat nie.  Hemelsblou of wit haarstrik, lint, balletjies, knippies of haarband.  Vlootblou kleurbaadjie met wapen op sak of ‘n blou skooloortrektrui.
    • Seuns:
    • Donkerblou safaripak met skoolwapen op sak.  Donkerblou, lang skoolkouse met ‘n ligte blou en ‘n wit streep. Swart skoolskoene met skoenveters of gespe.  Geen groot gespes word toegelaat nie.  Vlootblou kleurbaadjie met wapen op sak of ‘n blou skooloortrektrui.
  8. WINTERSDRAG:  (Mei tot September)
    • Dogters:
    • Vlootblou skoolrok.  Skooltrui en/of kleurbaadjie.  Donkerblou skoolbroekiekouse (“tights”).  Geen sykouse word toegelaat nie.  Swart skoolskoene met skoenveters en gespe.  Geen groot gespes word toegelaat nie. Opsionele Wintersdrag:  Wit langmou hemp met skooldas.  Grys skoollangbroek.  Kleurbaadjie en/of skooltrui.
    • Seuns:
    • Wit hemp met skooldas.  Grys langbroek.  Vlootblou skoolkouse.  Swart skoolskoene met skoenveters en gespe.  Geen groot gespes word toegelaat nie.  Kleurbaadjie en/of skooltrui.
    • Serpe mag gedra word, vlootblou of wit en nie langer as 100 cm nie.
    • GEEN leerling mag ‘n “Dri-mac” dra nie.
  9. Vrydae mag leerlinge in Nasionale of Provinsiale drag wat leerling self verwerf het skool toe kom.  Indien net ‘n baadjie moet skooldrag saam gedra word.
  10. Erekleure wapen en lapbalkies kan slegs op skoolkleurbaadjies gedra word.